Die Vandenberg Sun is terug na 'n weg werk aksie van sy uitgewers. Die
laaste paar dae het 'n intense werk poging afgegee om die sateliet klaar
te kry vir lansering. Die batterye is Woensdag klaar geinstaleer. Die
pyrocutters het Donderdag geariveer, dansy Xandri se skitterende verskepings
werk. Dit is na 'n deeglike afskerming poging Saterdag
geinstaleer. Die RF afskerming is Saterdag aand geinstalleer en
vanoggend is die Sonpanele geinstaleer. Dit is gedoen onder die wakende
oog van 'n Nasa kamera span. (Foto 1)
|
Vir afwisseling het ons 'n Pegasus lansering gehad. Die eerste poging
was Woensdag middag gewees.(Die foto wys die vliegtuig waarmee die
Pegasus op geat word). 'n Sagtweware bug het verhoed dat die 'Range' die
vuurpyl se telemetri kry en hulle moes terug kom. Vrydag middag kon die
vliegtuig nie opstyg nie agv. weer. Saterdag het die vliegtuig en F18
'chase plane' opgestyg en 'n uur later was hulle oor die 'Range'. Die
Pegasus het ontplooi van die vliegtuig af en sy 'first stage solid
rocket motor' aangeskakel. 30 Sekondes later is sy 'second stage' motor
aangeskakel. Na +-45 sekondes het sy second stage motor uitgebrand het.
Ons kon die vuurpyl sien totdat gebeur op die lang afstand kamera (naby
Sentraal Amerika). 6 Minute later het SWAS (Submilimeter Wave Astronomy
Sensor) susksesvol ontplooi van die Pegasus af. Nou is die volgende
lasering Sunsat op die 8ste.
|
Argos is Vrydag ge-'can' - en teen die lanseer toring opgehys. Daarna is
hy susksesvol op die Delta II gemonteer. Orsted het hulle boom
gedeeltelik ontplooi. Die eerste foto is hulle boom van naby af, en die
tweede is hulle tipmassa met sterkamera in sigbaar. Hule boom (8 meter
lank) bestaan uit 3 vertikale stroke wat op 0, 120, 240 grade rondom
silindriese skyfies gemonteer is. Hulle het vlug batterye is geinstaleer
en hulle sonpanele is ook vandag vasgemaak.
|