The Vandenberg SUN

Previous Volume | 2 3 4 5 6 7 8 9 | Next Volume


Volume 4

Sunday,29 November 1998

Special Weekend Edition


Eksklusief: Die eerste fotos van Oersted.

Die naweek verloop stil, maar gespanne as gevolg van sekere kritiese Sunsat komponente wat nog steeds vermis word. Die Sunsatspan het Vrydag middag die lanseer toring van agter die heining af gaan beskou, net om seker te maak dit is 'n 'ok' plek om Sunsat vandaan te lanseer. Die struktuur is 'n indrukwekkende, maar ongellukkig was daar niks van die vuurpyl sigbaar nie (Sien foto 3). Die Boeing span is besig om die 'solids' aan die vuurpyl te sit, maar ons kan moontlik daarna 'n nader beskouing van die vuurpyl kry. Na die toring inspeksie het ons gou ons 'emergency fallback' ge-oefen vir ingeval die batterye oorlaai of enige ander ongevalle (Sien foto 4).

Die res van Vrydag is spandeer om klere te was en ander derglike huishoudelke takies te verig. Die battery span het 'n rowwe deurnag agter die rug met 'n battery laai siklus wat 4H00 ge-eindig het.

Photo 1 Photo 2
Photo 3 Photo 4

Vanoggend is die harnasse vas geskroef en die geleiers na die pyrokassie is afgeskerm om die moontlike EMI afvuur van die cutters te verhoed (Alla NASA versoek). Hulle reken dat die cutter circuits ten minste 190 V/m2 se EMI moet kan weerstaan om veilig te wees. (Dit is nou te se as hulle wel dit betyds maak om op die satelliet te wees)

Sondag is sagteware en batterye op die spyskaart en Maandag word gereserveer om die batterye in die satelliet in te sit.

Previous Volume | 2 3 4 5 6 7 8 9 | Next Volume


© Electronic Systems Laboratory 1998
by Buchan Milne .
WWW:sunsat.ee.sun.ac.za